Sunday, 19 May 2013

21 Jaar gelede


Dond 19 Feb 2009, 06:55 

Na jou eerste asem
Het jou bekkie geskreeu
Toegedraai in ‘n kombers
In jou Ma se liefdevolle arms

Met ‘n doek in jou arms
Arms op die vloer
Boude in die lug
So het jy geslaap

Bang vir niks
Beskermer van die swakkes
Voorstaander van geregtigheid
Liefdevolle mens

Jou entoesiasme
Is aansteeklik
Jou kennis
Is verbasend

Nou staan jy op die drumpel
Van ‘n nuwe era
Kindwees is klaar
Grootmens is daar

Al ons liefde
Al ons gebede
Al ons hoop
Vergesel jou op die grootmens pad 

Tuesday, 14 May 2013


Spierwit blom

In die donker bos, tussen die bome
Groei daar 'n spierwit blom
So alleen en rein staan hy daar
'n Sonstraal dans op sy blare

Bye vlieg om hom heen
Vlinders word aangetrek deur sy prag
Die maan het ook 'n slag vir hom gelag
O Geseënd is jy van alle blomme

Wie sorg so mooi vir jou ?
Dat al die prag so aan jou klou
Is dit mens of dier
Of die groot Vaderhand

O Heer help my om te word
Soos u pragtige blom
Om uit te straal
My prag in U Heiligdom

Frik Lombard